Joshua na die Reën

07dec5:00 pmJoshua na die Reën

Event Details

Lourensford lê aan die voet van die Helderberge, ‘n besonderse plek.

Hierdie is die 4de keer wat sy musiek teen die hange van hierdie berge kan laat eggo, en hy ag dit as ‘n buitengewone voorreg om dit saam met julle te kan beleef.

Dit gaan groter wees as ooit, hy bring uitstekende musikante saam met hom en beplan om julle mee te voer na al die mooi en vry plekke binne jou.

Kom WEES saam by Lourensford

Hekke open 17:00, daar is allerhande lekker kosse te koop, en natuurlik net die beste wyn wat Lourensford het om te bied.

(Ongelukkig word geen Piekniek-mandjies toegelaat nie)

Bring jou piekniek-kombers en stoele – MAAR hierdie jaar gaan jy dalk wil staan.

Daar is NET 300 kaartjies, en jy kan kies wat jy wil betaal tussen R150 (vir kinders tussen 7 – 12) volwassennes R200, R250 en R300.

Hierdie kaartjies is almal presies dieselfde, maar as jy voel jy wil meer betaal vir jou kaartjie omdat jy goeie musiek geniet, kan jy nou kies om dit te doen.

*kinders onder 6 is gratis en baie welkom!

En dan, die belangrikste: die SHOW BEGIN 19:00.

Kaartjies te koop by Quicket

more

Time

December 7, 2024 5:00 pm(GMT+00:00)

Go to Top